Motheo/Xhariep Atletiekbyeenkoms. Nege-en-vyftig dogters van Primêre Meisieskool Oranje het 23 Februarie aan die Motheo/Xhariep Atletiekbyeenkoms deelgeneem.
Oranje se atlete het pragtig presteer. Die o.8 en o.11 dogters het die bekers ontvang vir die beste prestasies van die dag. Die o.13 dogters het ook tweede geëindig vir die beste prestasies van die dag. Oranje se atletiekspan eindig algeheel tweede vir beste prestasies van die Motheo/Xhariep Atletiekbyeenkoms
Sestien Oranje atlete is ook ingesluit in die Motheo/Xhariep Atletiekspan wat vandag, 2 Maart aan die Vrystaatbyeenkoms in Sasolburg deelneem.
Oranje se sestien atlete is:
O.10: Lea Cilliers, Mieke Naudé, Lienke de Vos
O.11: Zea Vortser, Almy Wessels, Annebel Fick, Carla Ferreira
O.12: Munay Uys, Amy Dormehl, Adriana Burger, Mia Haswell, Livia Gutter
O.13: Chani Britz, Gizelle Jones, Nolinga van Tonder, Mienje Momberg
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf