Agter: v.l.n.r.: Jan Heyns, Johan Lamprecht, mnre. Wimpie Helmand, Frans Marais, Martin en Michael Mostert.
Voor: v.l.n.r.: Pieter Marias, Elkan Willemse, Jacobus Esterhuyse en Emilio Silva.
Die o.19 A-tennisspan van die Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal, het op 4 en 5 Oktober aan die Boland Landbou-tennistoernooi in die Paarl deelgeneem.
Die span wen hul groepwedstryde deur Paarl Gim met 30-6 en Wynberg met 33-3 te klop. Hulle verloor teen HJS Paarl 30-36 gedurende die semifinaal. Hulle kom teen Boland Landbou te staan, wen 19-3 en beklee die derde plek uit 12 deelnemende skole