Die jaarlikse Vleesbaai 4×4 wat deur die Hoër Landbouskool Oakdale se Ondersteunsklub aangebied word, was weer vanjaar speelgenot oor die sandduine.
Vyf-en-veertig voertuig eienaars is op humoristiese wyse uitgedaag om hulle slag te wys. Mnr. Ricky Beyers se 4×4-Utopia is voorwaar die speelplek vir enige 4×4-entoesias. Die gewaardeerde borge vir die geleentheid was VW Mosselbaai, Nissan Mosselbaai, Mahindra George, S Haddad Landboudienste, GR Tyres George, Doosan, Autorama Rustenburg en Hollard Insurance CO George, LA Sport George, Loerie Bakkery asook Build it Green Construction Pty George.
Jaco Strydom het, namens die Ondersteunersklub, die projek gekoördineer. Die groep ouers van George, Mosselbaai, Oudtshoorn en Knysna lewer jaarliks ? groot finansiële inspuiting aan Oakdale.