Op 22 en 23 Augustus het Hoërskool Punt, Mosselbaai, hul Kultuur-talent behoorlik ten toon gestel met ‘n opwindende optrede met die titel “A night to remember”. Hoogtepunte van Punt-talent, waaronder ‘n sangduo (Sheldon Whites en Angie Meyer), ‘n trom-solo (Wian Hough) en ‘n “Beat Boxing” duo (Annelise en Christiaan Stander) was deel van die program.
Die nuutgestigte “Brass Ensemble” van Me. Catherine Corkill het twee pragtige Negro-Spirituals uitgevoer, gevolg deur die Tiener-toneelgroep met “Wit Duisternis”, geskryf en afgerig deur Me. Wouri Delport.
Die suksesvolle kultuuraand is beklink deur 3 groepe, wat almal A+ tydens die Mosselbaai Eisteddfod verwerf het, naamlik die A Capella Sêr-groep (onder leiding van Me. Madison Melvill), Puntnote Instrumentale Ensemble (onder leiding van Me. Marie Skeen) en die Punt-revue-groep met hul “Fire and Flames” produksie (onder leiding van Me. Marie Skeen).
Dit was ‘n kleurvolle, genotvolle produksie en beslis ‘n hoogtepunt op Hoërskool Punt se kultuurkalender.