Oakdale Atletiek. Vyftien atlete van Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal, het verlede naweek aan ‘n Worpe-byeenkoms in Mosselbaai deelgeneem. Daar was in totaal 250 atlete van regoor die land wat deelgeneem het. Die Oakdale uitblinker van die dag was Righardt Stander wat met drie nuwe rekords spog. Hy is ook aangewys as die beste o.18 atleet van die dag.
Oakdale atlete wat eerste drie plekke behaal:
Hamergooi o.16 – Tiaan Turck 2de plek en Gustav van der Merwe – 3de plek
Spiesgooi o.16: Zack Wessels 2de plek en Frederick van Dyk 3de plek
Gewigstoot o.18; Righardt Stander 1ste plek en nuwe rekord: 17.51
Diskus o.18: Righardt Stander 1ste plek en nuwe rekord: 52.89
Spiesgooi o.18: Righardt Stander 1ste plek en nuwe rekord: 54.49 en Louis Fourie 2de plek
Baie geluk aan elke atleet met mooi prestasies en goeie gees!
Foto’s verskaf
Lees meer oor Oakdale: