Katogoriewenners-HJS Eisteddfod. Paarl-Vallei se Eisteddfod het vanjaar weens Covid-19 virtueel plaasgevind. Hoër Jongenskool Paarl het die inisiatief geneem om hul eie Eisteddfod te hou. Hulle het onafhanklike beoordelaars gereël. Dit het die seuns blootstelling gegee om ‘n uitvoering aan te bied voor ’n werklike (alhoewel klein) gehoor.
Die Katogoriewenners-HJS Eisteddfod vir seuns is as volg: Jean Burger (beste koperblaser), Hugo de Waal (beste pianis), Charl Keet (beste solosanger), Nico Smit (beste dramavoordrag), Caleb Paulse (beste houtblaser), Jon Dorman (beste tromspeler) en Tristan Sassoli (beste kitaarspeler).
Baie geluk aan al die pryswenners.
Ons is trots op julle!!
Lees meer oor Hoër Jongenskool Paarl: https://schoolsthatrock.co.za