Twee-en-twintig atlete van die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal, het op 8 en 9 Maart aan die Wes-Kaap Atletiekkampioenskap in die Paarl deelgeneem. Die Oakdalers verwerf drie goue-, drie silwer- en drie brons medaljes.
JL van Rensburg (o.15), Keagan Coericius (o.15), Philip Kleynhans (o.17), Simeon Oosthuizen (o.17) en Petri Steyn (o.19) is ingesluit in die Wes-Kaapspan vir deelname aan die SA Hoërskoolkampioenskap wat op 22 en 23 Maart in Port Elizabeth plaasvind.
Agter: v.l.n.r.: Philip Kleynhans, JL van Rensburg en Petri Steyn.
Voor: v.l.n.r.: Simeon Oosthuizen en Keagan Coericius.