Mpumalanga se 2019-atletiekkampioenskappe wat verlede Saterdag, 9 Maart, oudergewoonte op Secunda aangebied is, sal vir seker onthou word as ān byeenkoms van ongelooflike tye en afstande, asook een waartydens HoĆ«rskool Nelspruit se atlete deurentyd podiumplekke verower het.
In totaal het die Nellies met 26 medaljes huiswaarts gekeer: 14 goud, 4 silwer en 8 brons. Dit beteken dat die skool vanjaar spog met 14 provinsiale kampioene in die individuele items! Dit was dan seker ook skeepsreg dat die seun en meisie wat deur die seisoen die meeste eersteplekke vir hulle span kon behaal, elk drie goue medaljes gewen het. Baie geluk aan Douw Kruger (s.17) en Ashley Erasmus (m.15), al is sy vanjaar nog m.14), wat hierdie uitsonderlike prestasie vermag het.
Toe die name van die Mpumalanga-spanne vir die komende nasionale byeenkomste (SA-skole en ASA) aangekondig is, kon die NHS-ondersteuners by ān pragtige totaal van 15 name regmerkies maak. Die volgende NHS-atlete verwerf dan provinsiale kleure vir atletiek in 2019:
Meisies 15:
Ashley Erasmus (gewigstoot en skyfwerp)
Anya Venter (skyfwerp)
Shanese de Clerck (hoogspring en verspring)
Tagan Louw (driesprong)
Meisies 17:
RhodƩ Nel (100m en 200m)
Shana Scott (gewigstoot en skyfwerp)
Seuns 15:
Philip Vogel (hoogspring)
Hannes Botha (spiesgooi)
Marco Capazorio (110m hekkies)
HandrƩ vd Merwe (300m hekkies)
Seuns 17:
Douw Kruger (gewigstoot en skyfwerp)
Zander vd Merwe (spiesgooi)
Lourens Potgieter (100m en 200m)
Seuns 19:
Jaytee Boers (800m)
Marvin Mthetwa (110m hekkies)
Nelspruit se medaljewenners, met die ABSA-punte bo 800 aangetoon:
Goud:
Douw Kruger (s.17): gewigstoot ā 19,38m (1160)
Douw Kruger (s.17): skyfwerp ā 51,75m (913)
Douw Kruger (s.17): hamergooi ā 38,56m (*Nellie-rekord, was 37,17m)
Ashley Erasmus (m.15): gewigstoot ā 13,77m (1048)
Ashley Erasmus (m.15): skyfwerp ā 38,56m (1092) (*Nellie-rekord, was 37,17m)
Ashley Erasmus (m.15): hamergooi ā 30,68m
Jaytee Boers (s.19): 800m ā 1:53.68 (948)
HandrĆ© vd Merwe (s.15): 300m hekkies ā 40.72 sek. (833)
Philip Vogel (s.15): hoogspring ā 1,77m (924)
Philip Vogel (s.15): hamergooi ā 30,36m
Hannes Botha (s.15): spiesgooi ā 51,70m (808)
Zander vd Merwe (s.17): spiesgooi ā 62,88m (895)
Shanese de Clerck (m.15, nog m.14): hoogspring ā 1,63m (988)
Shana Scott (m.17, nog m.16): hamergooi ā 30,91m
Silwer:
Coben Putter (s.17): hamergooi ā 32,98m
Duan Bekker (s.19): spiesgooi ā 50,31m
LanĆ© Taljaard (m.17): hoogspring ā 1,50m
Shana Scott (m.17): gewigstoot ā 12,19m (827)
Brons:
Andreas van Heerden (s.19): 5000m ā 16:12.60 (*Nellie-rekord, was 16:45.35)
Marvin Mthetwa (s.19): 110m hekkies ā 14.94 sek.
Philip Vogel (s.15): gewigstoot ā 13,41m
Andreas FouchĆ© (s.15): skyfwerp ā 44,22m (851)
Coben Putter (s.17): skyfwerp ā 43,18m
Shanese de Clerck (m.15): verspring ā 5,15m (902)
Anya Venter (m.15, nog m.14): skyfwerp ā 30,40m
Shana Scott (m.17): skyfwerp ā 34,37m
Dit sal ān onreg wees, om nie ook aan die volgende uitstekende vertonings, erkenning te gee nie:
Lourens Potgieter (s.17): 100m ā 10.71 sek. (920)(*Nellie-rekord, elektronies); ook 200m ā 21.92 se k. (940)
Xolani Mazibuko (m.23): 100m ā 10.66 sek. (808)
Marco Capazorio (s.15): 100m hekkies ā 13.41 sek. (967)
HandrĆ© vd Merwe (s.15): 100m hekkies ā 13.59 sek. (930)
Coben Putter (s.17): gewigstoot ā 14,29m
Karl Erichsen (s.15, nog s.14): spiesgooi ā 42,88m
Jana Engelbrecht (m.17, nog m.16): 100m ā 12.44 sek. (821); ook 200m ā 26.81 sek.
Berna Kok (m.15): 3000m ā 11:39.05
Nicci Viljoen (m.17, nog m.16): 100m hekkies ā 15.09 sek.; ook 400m hekkies ā 68.55 sek.
Tagan Louw (m.15): driesprong ā 10.17m
Danika Meiring (m.17): gewigstoot ā 11,32m
Baie geluk aan ons uithaler-atlete! Mag SAās 2019 vir diĆ© wat die provinsiale spanne gehaal het, saam met julle afrigters, ān opwindende en suksesvolle belewenis wees!
Foto bo: Junior atlete vir SA-skole en ASA