o.15 Wes-Kaap-Proewe – HTS Drostdy is ongelooflik trots op hulle 0.15-netbalspelers. Drie van hulle o.15-netbalspelers het deurgedring na die finale rondte van die o.15-Wes-Kaap-proewe. Hierdie groot geleentheid vind plaas op Vrydag, 22 Mei en Saterdag, 23 Mei in Riversdal.
Die spelers het reeds hul toewyding en talent bewys deur die vroeë rondtes met vasberadenheid en spanwerk te oorbrug. Die finale proewe bied nie net ’n kans om hul vaardighede verder te wys nie. Hulle drome is ook om hul skool op provinsiale vlak te verteenwoordig.
Die hele Drostdy-familie staan agter hulle en wens hulle sterkte toe met die laaste voorbereiding. Julle harde werk, dissipline en passie vir die spel maak Drostdy reeds trots, ongeag die uitslag.
Hou aan om jul beste te gee, speel julle harte uit – en onthou: elke bal wat jy gooi, elke pas wat jy vang, dra by tot die groter prentjie van span en trots.
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








