)

O.15 Tennis – Paul Roos Gimnasium wen Nasionale Tennistoernooi

O.15 Tennis. Die O.15 tennis span van Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, was op hul beste by die O/15- Nasionale Tennistoernooi in Pretoria. Die o.15 tennis span het Grey Kollege van Bloemfontein oortuigend gewen. PRG het Grey Kollege in die finaal met vyf wedstryde teenoor een geklop. Die toernooi is vanjaar aangebied deur Pretoria Boys High en is op die bane van Boys High en Affies gespeel.

Paul Roos se wenspan is deur Willem de Waal, Pieter Kotze, Xander Pienaar, Sebastian Oosthuizen, Charl Henning, Hanno Bouwer en Herman Roux verteenwoordig.

Deelnemende skole

Skole wat deelgeneem het was Paul Roos Gimnasium, Grey Kollege, Kearsney College, Pretoria Boys High, Waterkloof, Afrikaanse Hoër Seunskool A en B, St Benedicts, Menlo Park en KES.

Die 10 skole was in twee groepe opgedeel en ‘n rondomtalietoernooi het tussen die skole in elke groep plaasgevind.  Aan die einde van hierdie fase het die twee groepe oorkruis teen mekaar gespeel ten einde die wenner te bepaal.

Die PRG-seuns het al hul wedstryde in die groepfase oortuigend gewen en het in die semi-finaal met die span van Kearsney College met vyf wedstryde teenoor nul afereken. Kearsney het verras om die semi-finaal te haal deur meer punte as Hoërskool Waterkloof in die ander groep te behaal. In die finaal het die Paul Roosers hul goeie spel van die naweek voortgesit en het die span van Grey College oortuigend met Vyf wedstryde teenoor een geklop. Paul Roos Gimnasium is as die wenners van die gesogte titel aangewys!

Die uitslae van die Paul Roos O.15 tennis span is as volg gedurende die toernooi:

  • Paul Roos wen Menlo Park: 9 – 0
  • PRG wen Affies: 8 – 1
  • PRG wen KES: 9 – 0
  • Paul Rooswen St.Benedicts: 9 – 0
  • PRG wen Kearsney College: 5 – 0 (semi-finaal)
  • PRG wen Grey College: 5 – 1 (finaal)

Baie geluk aan hierdie Paul Roosspelers met die uitstekende prestasie!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://paulroos.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal