Hierdie toernooi word sedert 2011 deur Hoƫrskool Outeniqua aangebied. Skole kom van regoor die land vir hierdie toernooi. Die toernooi spog hierdie jaar met 19 seuns- en dogterspanne.
Die toernooi word hierdie jaar geborg deur Pick n Pay PreCap Centre. Sonder hulle sou hierdie toernooi nie kon plaasvind nie. Die toernooi vind plaas vanaf 21 ā 23 Maart by HoĆ«rskool Outeniqua en York HoĆ«rskool se Astrobane.
Skole wat deelneem is Hugenote Hoƫrskool, Pearson College, Glenwood High School, Hoƫrskool Stellenberg, Paarl Girls High, Outeniqua Hoƫrskool, Hoƫrskool Langenhoven, York High School, Oakhill School en Laerskool Outeniqua.
Vlnr: Trudy Cherry, Fernando Gnomes, Piet Cloete(Sporthoof), Naas Gibson(organiseerder) en Benita Gibson(Organiseerder).