O.12 Hokkie semi-finaal. 🏑 Grey Kollege Primêr se o.12A hokkiespan blink uit in liga-wedstryd.
Grey Kollege Primêr se o.12 hokkiespan het ’n opwindende o.12 hokkie semi-finaal liga-wedstryd teen Primêre Skool Willem Postma gespeel. Beide skole is van Bloemfontein. Die wedstryd was ’n ware kragmeting, met albei spanne wat uitstekende spel en sportmangees getoon het. Ná ’n intense stryd het Grey Kollege egter as oorwinnaars uit die stryd getree. Willem Postma moes dus uiteindelik die knie buig met die uitslag van 6-3 in Grey se guns.
Grey Kollege se indrukwekkende vertoning het hulle ’n welverdiende derde plek in die liga besorg — ’n prestasie waarop die skool met trots kan terugkyk.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://greycollegeprimary.com/
Foto verskaf
Become a Sponsor








