)

O.11-Provinsiale kriekettoernooi – Grey Kollege Primêr in FS-span

O.11-Provinsiale kriekettoernooi. Grey Kollege manne, Aldré van Wyk en Ruwan Vosloo presteer skitterend

Gedurende die o.11-provinsiale kriekettoernooi wat in Krugersdorp aangebied is en waaraan 18 provinsiale spanne deelgeneem het, het die Vrystaat-span ná ses kragtige wedstryde deurgedring tot die eindstryd teen die Oostelike Provinsie.

Na vier dae van uiters kompeterende krieket moes die Vrystaters egter in die finaal die knie buig en het hulle as trotse naaswenners geëindig.

Ons twee Grey-leerders het hul skool en provinsie met groot trots verteenwoordig:

  • Aldré van Wyk het uitgestaan as die Vrystaat se beste kolwer en die hoogste lopietelling vir sy span aangeteken. Hy is ook as die 10de beste kolwer van die hele toernooi aangewys – ’n merkwaardige prestasie uit ’n veld van 200 spelers.
  • Ruwan Vosloo, kaptein van die Vrystaat-span, het met sy veelsydige spel beide met kolf en bal ’n groot bydrae gelewer. Hy het die toernooi afgesluit as die 4de beste allrounder – ’n bewys van sy leierskap en talent.

Die Vrystaat-span se prestasie, en veral dié van Aldré en Ruwan, is ’n inspirasie en ’n trotse oomblik vir Grey.

Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://greycollegeprimary.com/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal