NWU Wintersportreeks. Hoërskool Nelspruit se sportspanne het die NWU wintersportreeks op ‘n goeie noot afgesluit.
Hoërskool Nelspruit het die afgelope paar weke deelgeneem aan die NWU wintersportreeks. Hierdie reeks het Saterdag, 22 April, met die finale rondte geëindig. Die Nellies het deurlopend tydens hierdie reeks Nellieguts gewys. Die onderskeie spanne het die geleentheid gekry om teen goeie teenstanders te speel en om vaardighede en tegnieke in te oefen.
NWU Winter Sports Series. Nelspruit High School’s sports teams concluded the NWU winter sports series on a good note.
Nelspruit High School has participated in the NWU winter sports series for the past few weeks. This series ended Saturday, April 22, with the final round. The Nellies showed Nellieguts throughout this series. The respective teams were given the opportunity to play against good opponents and to practice skills and techniques.
Die volgende Nellies-spanne het medaljes gewen:
Netbal:
- 1ste Span – silwer medalje
- 14A – brons medalje
Hokkie:
- 1ste Span seuns – goue medalje
- 14A seuns – goue medalje
- 15B dogters – goue medalje
- 16A seuns – brons medalje
- 16A dogters – brons medalje
Rugby:
- 16B Seuns: goue medalje
- 16A seuns: brons medalje
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf