NWU PUK Rugby Finaal. Hoërskool Florida, Gauteng, se 1ste rugbyspan het die afgelope naweek in die NWU PUK Rugby Finaal gespeel. Die wedstryd is op die veld van Hoërskool Dr Malan teen Hoërskool Overkruin gespeel. Dit was beslis ‘n klipharde wedstryd wat met ‘n gelykop telling van 24 elk geëindig het. Hoërskool Florida deel die 1ste plek van die NWU PUK Rugby kompetisie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf