Nellies spog met twee splinternuwe bussies om leerders te vervoer – ‘n nuwe Nissan en Mercedes Sprinter!
Dit kom nadat die o/17-netbalspan van me. Reneé Adendorff vroeër die jaar aan die Integrated School Challenge deelgeneem en hul ouderdomsgroep gewen het!
Die skool het sodoende ‘n bus as prys losgeslaan, wat later ingeruil is vir ‘n meer praktiese oplossing: ‘Oom Hendrik II’ is ingeruil vir ‘n splinternuwe Sprinter wat nou Oom Hendrik die derde sal wees, terwyl die bykomende Nissan as Panther gedoop is – na die netbalspan wat verantwoordelik is vir die nuwe wiele.
Dit is tradisie by NHS om die bussie te vernoem na die personeellid of persoon verantwoordelik vir die wen of aankoop van die voertuig.