Narike Hoft, van Hoërskool Upington, het deelgeneem aan die Bloemfontein Streekskou, 24 -25 Augustus.
Narike het met EF Fever Pitch ‘n eerste plek behaal in die 14 jr en onder Ruiterkunsklas en met die ryperdklas, ‘n welverdiende tweede plek.
Haar prestasies is besonders, gesien in die lig daarvan dat sy nou eers vir ongeveer ‘n jaar kompeterend begin ry het.