V.l.n.r.: Christiaan van Greunen, Carinche Pretorius, Yolandi du Toit, Erika Brand, Annelize Nel, Marisca Stander, Gerhard Eberson en Saretha Ferns.
Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, verwelkom graag die volgende 8 personeellede wat by die Ligbron-span aansluit. Dit is vir die Liggies ‘n groot eer en voorreg om sulke dinamiese onderwysers by die skool te verwelkom. Ligbron sien uit na ‘n wonderlike jaar saam met elkeen en hul wense is dat julle van krag tot krag saam met die span sal groei om elke leerders te help om hulle doelwitte te bereik. Die nuwe personeel wat by die Liggie personeelkorps aangesluit het is Christiaan van Greunen (Elektronika), Carinche Pretorius (Geografie), Yolandi du Toit (Boekwinkel), Erika Brand (Geografie), Annelize Nel (Wiskunde), Marisca Stander (Sportkantoor), Gerhard Eberson (Motor) en Saretha Ferns (Jeugwerker).