Die opgewonde 2020 Graad 8 groep wat vanjaar by Ligbron aangesluit het.Â
Die nuwe Graad 8 leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het al op die eerste dag van skool gesien hoe dinge by Ligbron werk. Hulle is vriendelik verwelkom en het vinnig aanklank gevind by die egte Liggie-gees. Vinnig is nuwe maats aan mekaar voorgestel en het die VLR die graad 8’s betrek vir hulle rowwe, tog opwindende, program wat op hulle gewag het. Ligbron is trots op elke nuwe Graad 8 leerder wat by hulle aangesluit het en sien uit om vir die volgende vyf jaar ‘n pad saam met elkeen te stap.