Me. Lenie van Zyl (Adjunkhoof Akademie) en mnr. Gerhard Brand (skoolhoof) met die pragtige glas trofee wat die Liggies ontvang het vir die skool se derde agtereenvolgend jaar se goeie matriekuitslae.
Tydens die Gert Sibande Streek Prysuitdelingsfunksie wat op Vrydag, 17 Januarie, plaasgevind het is Ligbron Akademie vir Tegnologie se Wiskunde onderwysers weereens die toekenning ontvang vir die Beste Onderwysers in die “big enrolment subjects”. Ligbron se Wiskundedepartement het vir die sestiende agtereenvolgende jaar 100% slaagsyfer, met ‘n gemiddeld van 67% en 15 onderskeidings. 85% van die Liggies het geslaag met ‘n punt bo 50%. Ligbron het ook ‘n trofee gekry vir die skool se derde agtereenvolgend jaar se goeie matriekuitslae met 99%, 100% en 98,6%. Hierdie is beslis prestasies waarop Ligbron baie trots is.
Ligbron bedank ook elke onderwyser wat daartoe bygedra het om hierdie prestasies moontlik te maak.