Mnr. Gerhard Brand, nuwe skoolhoof van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, is op Woensdagoggend, 15 Januarie, op die Liggie-manier by die skool verwelkom.
Leerders het ‘n erewag vanaf die voorportaal tot by die saal gestaan, waardeur mnr. en mev. Brand gestap het, en met ‘n dawerende toejuiging deur die Liggies verwelkom is. Tydens die saalopening is mnr. Brand se kers by Ligbron ook deur oud-hoof, mnr. Dup van Rensburg aangesteek, waarna hy sy blou baadjie ontvang het.
Ligbron is saam met u opgewonde vir die nuwe era waarin die Liggies saam met u sal beweeg.