Noordwes swemkampioenskappe. 🌊 Rekordbreker van Hoër Volkskool Potchefstroom!
In ’n skitterende vertoning van krag, spoed en uithouvermoë het Hoër Volkskool Potchefstroom se eie waterfenomeen, Francois Goosen, die Noordwes swemkampioenskappe behoorlik op horings geneem. Met elke duik en elke slag het hy die water laat kook – en die rekordboeke herskryf.
Francois het nie minder nie as vier splinternuwe rekords op sy naam geplaas:
- 50m vryslag – goud, én twee rekords (prelims én finaal)
- 100m vryslag – goud met ’n rekord
- 200m vryslag – goud met ’n rekord
En asof dit nie genoeg is nie, het hy die kersie op die koek gesit deur kwalifisering te behaal vir die SA National Youth Champs in Maart 2026 én die SA National Senior Champs in April 2026.
Die Volkies se trots bruis soos die water waarin Francois sy magie doen. Hy is beslis ’n Volkie om dop te hou – ’n ster wat nog baie helderder gaan skyn!
Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








