Noordwes Maraton Fietsry Kampioenskappe. Laerskool La Hoff, Klerksdorp, het algeheel tweede geëindig in die afgelope naweek se Noordwes Maraton Fietsry Kampioenskappe. Die kampioenskappe was tussen dertien skole in die provinsie.
Die volgende ryers behaal uitstekende plekke tydens die wedren:
O.14 – Sub Nippers
- Juandre Steenkamp – 3de plek en Noordweskleure
- Enya Esterhuizen – 2de plek en Noordweskleure
O.12 – Sprogs
- Arnold Jansen van Vuuren – 1ste plek en Noordweskleure
- Matthew Smith – 3de plek en Noordweskleure
- Ruandi Pretorius – 2de plek en Noordweskleure
O.8 – Sub Nippers
- Juanita Jansen van Vuuren – 1ste plek
Op Sub nipper vlak word Noordweskleure nie toegeken nie, maar Juanita het sover elke Maraton waaraan sy deelneem hierdie jaar gewen. Dit is ‘n besonderse prestasie!


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










