Noordvaal Krieket. Vir die tweede agtereenvolgende jaar, is Hoërskool Garsfontein se o.15 Garsieysbere die Noordvaal wenners in die Noordvaal Krieket kompetisie.
Die Ysbere het Hoërskool Rustenburg met 44 lopies op St Albans se veld gewen.
Uitslae:
- GarsieYsbere – 267/10 in 49 beurte
- Hoërskool Rustenburg – 223/10 in 48 beurte
- Wikus du Preeze – behaal 72 lopies van 81 balle. In 5 beurte neem hy 23 lopies en 2 paaltjies. Hy is ook aangewys as Speler van die wedstryd.
- Ruan Coetzee – In 10 beurte neem 3 paaltjies vir 41 lopies
- Charl van Staden – teken 43 lopies aan van 38 balle in 9 beurte . Hy neem ook 2 paaltjies vir 39 lopies.
- Willem Louw – teken 55 lopies aan van 71 balle
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf