Noordvaal Hokkie toernooi. Hoërskool Nelspruit see Hokkie-bokkies fokus nou op die Noordvaal Hokkie toernooi. Die afgelope naweek het die hokkie-bokkies deelgeneem aan die Mpumalanga-uitspele. Die o/14’s het met twee wedstryde gelykop geëindig en die uitslag is bepaal met “8-second penalty”. Hulle verloor naelskraap teen Hoërskool Middelburg en speel nou vir ‘n derde/vierde plek op 22 Julie. Ongelukkig het die o/15’s verloor teen Hoërskool Ermelo en ook teen Hoërskool Middelburg met “8-second penalty”.
Die o/16’s het plaaslik gespeel by Curro Nelspruit en Penryn. Die White Sticks het geen doele aangeteken in die eerste wedstryd nie, maar klop Hoërskool Hoogenhout met 2-1. Hulle verloor in ‘n baie strawwe wedstryd teen Middelburg in die kwartfinaal.
Die eerstespan het baie goed gedoen in die uitspeel wedstryde maar kon nie daarin slaag om die semi-finaal teen Middelburg te wen nie. Hulle speel ook vir ‘n derde/vierde plek die 22ste Julie.
Spanne wat deurgedring het om deel te neem aan die Noordvaal Hokkie toernooi wat vanaf 9 tot12 Augustus in Pretoria plaasvind gaan nou baie hard oefen.
Volledige uitslae:
o/14 Baby Sticks
- Wen Volksrust 1-0
- Speel gelykop teen Hoërskool Ermelo 0-0
Kwart-finaal: Speel gelykop 0-0 teen Hoërskool Secunda, maar wen met ‘8 second penalty’
Semi-finaal: Speel gelykop 3-3 teen MHS, maar verloor met ‘8 second penalty’
Speel vir 3de/4de plek die 22ste Julie
o/15 Green Sticks
- Verloor teen Hoërskool Ermelo 1-6
Kwart-finaal: Verloor 1-2 teen HTS Middelburg en wen met ‘8 second penalty’ teen Ligbron Akademie vir Tegnologie
Eindig 5-6
o/16 White Sticks
- Speel gelykop teen Curro Nelspruit 1-1
- Verloor teen Hoërskool Hoogenhout 2-1
Kwart-finaal: Verloor 0-2 teen Hoërskool Middelburg en wen 4-0 teen Ferrum High School
Eindig 5-6
1stes Blacksticks
- Wen teen Hertzorg 1-0
- Wen teen HTS Witbank 2-0
Kwartfinaal:
- Wen Ligbron 2-0
Semi-finaal:
- Verloor teen Middelburg 1-2
Speel vir 3de/4de plek op die 22 Julie
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s: Kiara Craven en Huldah Nel