Noord-Vrystaat Gimnastiek. Twee leerders van Bethlehem Voortrekker Hoërskool, Nicolene Arangies en Adam Kotzé, het beide op 12 Augustus, tydens die Noord-Vrystaat Gimnastiek kompetisie, gekwalifiseer om deel te neem aan die Vrystaat Gimnastiek Kwalifiserende kompetisie. Die kompetisie vind op 19 Augustus 2023 in Bloemfontein plaas.
Nidolene en Adam het as volg presteer:
Adam Kotzé
- Vloer – 1ste plek (Goud)
- Algeheel 3de in sy ouderdomsgroep
Nicolene Arangies
- Balk – 3de plek (Brons)
- Vloer – 1ste plek (Goud)
- Algeheel 4de in haar ouderdomsgroep.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf