Noord-Kaap tennisproewe.
Vandag, 2 Desmber, vertrek Uppies se O/15- en O/19-tennisseuns na Kimberley vir die Noord-Kaap-proewe, waar hulle met trots die ZFM-span gaan verteenwoordig.
Ons wens elke speler alle voorspoed toe – speel met passie, hou vas aan sportmanskap en geniet elke oomblik van hierdie besondere geleentheid.
’n Spesiale woord van sterkte aan ons Botsels van 2026 wat reeds hul merk maak. Julle is die toekoms van Uppie-tennis en Uppies is ongelooflik trots dat julle deel van die familie is.
🌟 Uppies se topspelers:
O/19:
- 🎾 Bernard Coetzee
O/15:
- Luan Botes
- Juan Bezuidenhout
- Terblanche du Plessis
- Ulrich Louw
- Willem van Aarde
✨ Uppies glo in julle! Mag hierdie proewe nie net ’n toets van talent wees nie, maar ook ’n viering van harde werk, toewyding en span-gees.
“Kampioene word nie op die baan gebore nie – hulle word daar gevorm, punt vir punt.”


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf











