Nomads SA Meisies Gholfkampioenskap. Hoërskool Gimnasium Paarl is trots om aan te kondig dat Liebe van Eyssen (graad 11) gekies is om deel te neem aan twee gesogte gholfgeleenthede. Sy het gekwalifiseer vir die Nomads SA Meisies Gholfkampioenskap, wat van 29 Maart tot 1 April in Middelburg plaasvind, én vir die Boland Driehoekige Spantoernooi.
Liebe se prestasie is ’n bewys van haar toewyding, talent en harde werk op die gholfbaan. Hierdie kwalifikasies plaas haar onder die top jong gholfspelers in die land, en sy dien as ’n inspirasie vir haar medeleerlinge.
Baie geluk, Liebe – die hele Paarlgim gemeenskap is ongelooflik trots op jou!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









