Dreigende onweer, gevolg deur swaar reƫnbuie, was verlede Vrydag in Pretoria , waar Hoƫrskool Nelspruit aan Waterkloof se Dreyer Campbell-gedenkbyeenkoms deelgeneem het, aan die orde van die dag.
Desondanks, is uitmuntende prestasies gelewer en het die Nellies met 37 medaljes laatnag huiswaarts gekeer ā en pryk daar vandag vyf blinknuwe byeenkoms-rekords agter die Nelspruiters se name.
Al kon ān hele aantal items (waaronder die kort-hekkies en verskeie velditems) nie plaasvind nie, is genoegsame bewys gelewer dat vanjaar se Super InterhoĆ«r, prestasiegewys, een van die bestes in jare gaan wees.
Hoƫrskool Nelspruit se teenstanders in Pretoria, was Affies, Waterkloof, Kemptonpark, Tuks Sportskool, Grey College, Wynberg Boys High en Zwartkop Christian School.
Een van die groot hoogtepunte van die dag, was die naelbyt 4x100m-aflos vir meisies o/16. NHS se RhodĆ© Nel, Jana Engelbrecht, Nicolize Aucamp en Nicci Viljoen, het met ān uitstekende 49.60 sek. korte mette van die huishoudelike rekord wat 41 jaar gelede (1978) in die dae van die bekende Marelise Weich opgestel is (was 50.6 sek.), gemaak. Die Nellies het in die proses vir Waterkloof (51.10 sek.) en Afrikaans HoĆ«r Meisies (52.00 sek.) hakskene gewys. Hul wentyd is ook ān nuwe byeenkomsrekord.
Kragman Douw Kruger (s.17) het eweneens vir ān grootse prestasie gesorg, toe hy Springbok-atleet Kyle Blignaut, se 2016-rekord in gewigstoot (18,54m) met ān reuse poging van 18,59m oortref het. Spanmaat Andreas van Heerden het die 3000m-rekord (vir seuns 19) sy eie gemaak, toe hy in ān persoonlike beste van 9:01.10 deur die wenpaal gebars het.
Nog ān rekord wat deur ān Nellie verbeter is, was die 200m vir m. o/16. RhodĆ© Nel se tyd van 25.40 sek., is ook beter as haar eie Nellie-rekord (25.71 sek.) wat sy die vorige week opgestel het. Haar 100m-tyd van 12.30 sek. het die bestaande byeenkomsrekord geĆ«wenaar.
Ook Ashley Erasmus (m. o/14) was weer op haar stukke, toe sy die rekord in skyfwerp na ān pragtige 35,92m opgeskuif het.
Die volgende Laevelders het podiumplekke (medaljes) verwerf:
Eersteplekke (goud)
Jaytee Boers (s.o/19): 800m ā 1:57.70 (843 ABSA-punte); ook 1500m ā 4:08.40
Douw Kruger (s.o/17): gewigstoot ā 18,59m (1080); ook skyfwerp ā 51,61m (910)
Andreas van Heerden (s.o/19): 3000m ā 9:01.10
RhodĆ© Nel (m.o/16): 200m ā 25.40 sek. (902); ook 400m ā 57.40 sek. (906)
La-Alicia Venter (m.o/15): gewigstoot ā 11,71m (844)
Ashley Erasmus (m.o/14): skyfwerp ā 35,92m (1106)
Lize Oosthuizen (m.o/14): spiesgooi ā 32,68m (898) *Nellie-rekord
4x100m aflos, m.o/16: 49.60 sek.
Tweedeplekke (silwer)
Andreas van Heerden (s.o/19): 1500m ā 4:10.90
Matthys Wessels (s.o/19): 3000m ā 9:39.90
HandrĆ© vd Merwe (s.o/15): 300m hekkies ā 40.10 sek. (875)
Devon Nell (s.o/19): 400m hekkies ā 55.60 sek.
Jade Swanepoel (s.o/16): hoogspring ā 1,70m
RhodĆ© Nel (m.o/16): 100m ā 12.30 sek. (906)
Lallie Grobler (m.o/15): 300m hekkies ā 47.30 sek.
Nicci Viljoen (m.o/16): 400m hekkies ā 65.60 sek. (837)
Tayla Kotzee (m.o/17): 400m hekkies ā 71.30 sek.
LanĆ© Taljaard (m.o/16): hoogspring ā 1,45m
Shanese de Clerck (m.o/14): verspring ā 5,16m (959)
Anya Venter (m.o/14): skyfwerp ā 27,66m
4x100m aflos, m.o/14: 54.90 sek.
Derdeplekke (brons)
Marco Capazorio (s.o/15): 300m hekkies ā 41.40 sek.; ook 400m ā 55.20 sek.
Matthys Wessels (s.o/19): 1500m ā 4:17.30
Charles Nel (s.o/14): 300m hekkies ā 42.60 sek. (813)
Suzaan Nel (m.o/17): 100m ā 12.80 sek.; ook 200m ā 26.80 sek.
Larise Combrink (m.o/15): 200m ā 27.00 sek.
Nicola CronjĆ© (m.o/19): 400m ā 62.60 sek.
Jessica Berry (m.o/19): 1500m ā 4:58.70
Zanelle Moller (m.o/19): 400m hekkies ā 66.60 sek.
4x100m aflos, m.o/15 ā 52.50 sek.
4x100m aflos, m.o/17 ā 53.20 sek.