)

Ligbron atlete berei goed voor vir Interhoër

Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se atlete het op Vrydag, 1 Februarie, aan ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms deelgeneem wat by Rob Ferreira in Witrivier aangebied was.

Ligbron se atlete het hierdie byeenkoms aangewend om goed voor te berei vir die TWK Interhoër Uitnodigingsbyeenkoms wat op 16 Februarie by Ligbron sal plaasvind.

Die volgende skole het aan die byeenkoms deelgeneem:

Ligbron, Hoërskool Lydenburg, Hoërskool Rob Ferreira, Hoërskool Bergvlam, Hoërskool Baberton, Lowveld High en Penryn College. Al die atlete van die onderskeie skole het gesorg vir puik atletiek en ook strawwe kompetisie. Die Liggie-atlete het vir die dag 27 eerste plekke, 39 tweede plekke en 27 derde plekke behaal. Ligbron Akademie vir Tegnologie se atlete sal op Vrydag, 9 Februarie, aan ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms deelneem wat by HTS Witbank aangebied sal word. Kaartjies vir die TWK Interhoër Uitnodigingsbyeenkoms kan nou reeds by Ligbron gekoop word teen R50 per persoon. Daar sal ook op die dag kaartjies by die hek beskikbaar wees.

Foto bo: Bianca Francis (o/19)

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal