)

EHS staan weer uit tydens atletiek-byeenkoms

Op Vrydag, 1 Februarie, het Hoërskool Ermelo deelgeneem aan ‘n middag-aand atletiekbyeenkoms te Hoërskool Volksrust. EHS se atlete het die skool se naam hoog gehou tussen die ander sewe deelnemende skole, nl. Hoërskool Secunda, Hoërskool Oosterland, Hoërskool Volksrust, Hoërskool Piet Retief, Hoërskool Utrecht, Hoërskool Ferrum en Hoërskool Pionier.

Ten spyte van die nat veld en baan en lang, laat ure, het die Erries uitstekend presteer. Hoërskool Ermelo wen die byeenkoms met 100 ASA-punte meer as die skool wat die tweede plek inneem en palm ook 89 medaljes in.

Die volgende atlete ontvang trofees: Danel Olivier vir die beste junior dogter hekkies-atleet, Ruan du Toit vir die beste senior seun baan-atleet en Walter Visser word as senior Victor Ludorum aangekondig.

Baie geluk en dankie aan elke atleet wat deelgeneem en presteer het.

Die Erries sien jul harde werk en opoffering raak.

Foto bo vlnr: Danel Olivier, Ruan du Toit en Walter Visser wat trofees ontvang het.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal