Op Vrydag, 1 Februarie, het HoĆ«rskool Ermelo deelgeneem aan ān middag-aand atletiekbyeenkoms te HoĆ«rskool Volksrust. EHS se atlete het die skool se naam hoog gehou tussen die ander sewe deelnemende skole, nl. HoĆ«rskool Secunda, HoĆ«rskool Oosterland, HoĆ«rskool Volksrust, HoĆ«rskool Piet Retief, HoĆ«rskool Utrecht, HoĆ«rskool Ferrum en HoĆ«rskool Pionier.
Ten spyte van die nat veld en baan en lang, laat ure, het die Erries uitstekend presteer.Ā HoĆ«rskool Ermelo wen die byeenkoms met 100 ASA-punte meer as die skool wat die tweede plek inneem en palm ook 89 medaljes in.
Die volgende atlete ontvang trofees: Danel Olivier vir die beste junior dogter hekkies-atleet, Ruan du Toit vir die beste senior seun baan-atleet en Walter Visser word as senior Victor Ludorum aangekondig.
Baie geluk en dankie aan elke atleet wat deelgeneem en presteer het.
Die Erries sien jul harde werk en opoffering raak.
Foto bo vlnr:Ā Danel Olivier,Ā Ruan du Toit enĀ Walter Visser wat trofees ontvang het.