)

Nog ‘n suksesvolle Opedag op die Erries se kerfstok

Op Vrydag, 27 Julie het Hoërskool Ermelo ‘n opwindende opedag vir die graad 7’s van 2018 gehou.

Die dag het begin met ‘n interessante program vir die graad 7’s in die EHS-Ouditorium waarna hulle op die A-rugbyveld hul harte uitgespeel het op prettige opblaas-hindernisse.

Die middag het die Erries ‘n program vir die ouers gebied wat meer insig gee oor wie en wat die Erries is en wat by die EHS gebeur en die gehoor is bekoor met ‘n opvoering van die EHS-koor.

Teen 17:00 het leerders die verskeie opedae by Huis Veltman en Nelstehuis bygewoon waar elkeen ‘n opwindende aand met min slaap gehad het, vriendskappe ontdek het en herinneringe gebou het.

Die span Errie-onnies, -leerders en -ouers, asook Ermelo-gemeenskap, het almal agteroor gebuig om van dié dag ‘n sukses te maak. Alles wat Vrydag plaasgevind het, het gewys dat die verskil by EHS is nie nét in wat die Erries doen nie, maar hóé die Erries dit doen.

EHS bedank graag die instansies en persone wat betrokke was om van die dag ‘n sukses te kon maak: Nashua Highveld, Highveld Office Supplies, JWL Ermelo, Agri benodighede, Mnr. Jan Grey van Jan Vos Landgoed, Claas, John Deere, Rothman Motors, TWK Ermelo, Nooitverwag Beefmasters, Mnr. Jan Randell van Randell’s Ranch, Me. Erica Boersema, Mnr. Molie Mentz van BKB Ermelo, Muhammed Bhyat van Pit Stop, Calstar en Freshstop, Ma Bett’s, Ermelo Bedding and Lounge, Johan en Lize Kleynhans van Ermelo Abattoir en Wimpy.

Die Erries is besonder dankbaar vir elkeen se deelwees by die EHS. EHS sien uit om die nuwe leerders in die Erries se midde te verwelkom.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal