[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
HoĆ«rskool Nelspruit het Vrydag, tydens die jaarafsluiting voor die eksamen, ‘n nuwe tradisie ingewy. Dit is al ‘n gebruik by NHS dat elke jaar se graad 12’s ‘n projek vir die skool voltooi of ‘n geskenk aan die skool oorhandig en diĆ© jaar s’n is tydens ‘n spesiale seremonie aan die res van die skool bekendgemaak.
Die matriekgroep van 2018 het die wens uitgespreek om ‘n tasbare bewys van hul Nellie-wees na te laat. Onder leiding van die hoofseun en -dogter het die groep ‘n projek geĆÆdentifiseeer wat nie net vir hulle nie, maar ook aan toekomstige Nellies die geleentheid bied om die band wat hulle gedurende hul hoĆ«rskoolloopbaan met die skool gebou het, op ‘n tasbare wyse te bevestig.
Dit behels ‘n netjiese struktuur waar die geleentheid aan matrikulante gebied word om ‘n slot aan ‘n ketting te bind. Dit simboliseer hulle lojaliteit aan die skool en aan mekaar. Verder sal ‘n tydkapsule wat digitale foto’s en tasbare herinneringe bevat gebĆŖre word en weer tydens hul 10 jaar-reĆ¼nie vertoon word.
“Hiermee sluit ons ons kosbare kleinnood van kindwees af, maar met die onvermydelike progressie van tyd tot grootmens, bind ons onsself aan ons lojale alma mater, HoĆ«rskool Nelspruit, altyd met ‘n plan vir more,” verduidelik hoofseun Miga van der Nest en hoofdogter Liesl Hartley.
Om hierby aan te sluit is die projek as “Vinculum” gedoop.
Die installasie simboliseer op sy beurt die DNA aan die skool wat bestaan uit gesonde tradisies, ‘n strewe na uitnemendheid en altyd, ‘n plan vir more.
Die ontwerp is deur ān plaaslike argitek en oud-Nellie, Sias Bosch, gedoen. DiĆ© jaar se graad 12’s sal nou voor hul laaste eksamen die geleentheid kry om hul slotte by te voeg.
Baie dankie aan die borge wat hierdie projek moontlik gemaak het: Sias Bosch, Christiaan Kellerman, JohanƩ van Niekerk, Sampie Haasbroek, Metalworld, ACDC Express, Danie Scholtz, Fleur de Lis, Jannie Visser, Karen Dentan, Koos Barnhoorn, Louis Hartley, Louis van der Nest, Tienie Loubser, Schalk Rheeder, Buco Nelspruit, Theo van der Westhuizen en die matrieks van 2018.
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.12.2″ gallery_ids=”19163,19164,19165,19169,19170,19171,19173,19172,19168,19167,19166″ posts_number=”12″ show_title_and_caption=”off” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]