HoĆ«rskool Ermelo se atlete het die jaar goed afgesluit met die laaste atletiekbyeenkoms op Saterdag 27 Oktober te Rob Ferreira in Nelspruit. Tydens hierdie JJJ-Atletiekbyeenkoms presteer die Errie-atlete baie goed en is gemotiveerd vir die seisoen wat voorlĆŖ.
Die volgende atlete behaal eerste plekke in hul onderskeie items:
Tiaan Grobler: Gewigstoot en 400m (o/14)
Amy Greyling: Gewigstoot (o/16)
Carla Ferreira: Spiesgooi (o/14)
Ruan du Toit: 400m (o/16)
Lana Herholdt: Hoogspring (o/15)
RonƩl Jacobs: Skyfwerp (o/16)
Die volgende atlete verbeter rekords by diƩ byeenkoms:
Amy Greyling: Gewigstoot (dogters o/16) met 12.99m
Caylin Loock verbeter die Spiesgooirekord (dogters o/14) met 34.52m waarna Carla Ferreira dit weer verbeter met ān afstand van 37.44m
Ruan du Toit verbeter die 400m (seuns o/16) rekord met ‘n tyd van 0:50:53
Na afloop van die byeenkoms, ontvang Carla Ferreira die Wisseltrofee vir Beste Junior Worpe Dogter. Lana Herholdt ontvang die Wisseltrofee vir Beste Junior Spronge Dogter. Caylin Loock ontvang die Wisseltrofee vir Junior Victrix Ludorm.
Caylin Loock, Carla Ferreira en Lana Herholdt is ingesluit in die Mpumalanga Atletiek-span om deel te neem aan die Sub-Youth Interprovincial Championships op 24 November te Potchefstroom.
Baie geluk aan elke Errie wat pragtig presteer het.
EHS is trots op julle en sien uit na die seisoen wat voorlĆŖ.