)

NHS-sewesseisoen lewer twee provinsiale spelers

Hoërskool Nelspruit se Blitz Rhinos en Baby Blitz Rhinos het ‘n kort, maar suksesvolle sewesseisoen afgesluit met ‘n hele paar eerste, tweede en derde plekke op hul 2018 kerfstok.

Die seisoen het op 18 Augustus met die Lowveld High-sewestoernooi afgeskop waartydens die Blitz Rhinos toernooiwenners was en die Baby Blitz Rhinos naaswenners was.

Dit is gevolg deur ‘n toernooi by HTS Witbank op 25 Augustus. Hier het beide die Blitz Rhinos en Baby Blitz Rhinos as naaswenners huis toe gekom.

By die Mpumalanga Kampioenskappe op 1 September het die Blitz Rhinos derde geëindig met die Baby Blitz-span in vierdie plek.

Die seisoen het op 8 September tot ‘n einde gekom met die Barberton-sewestoernooi waar die Blitz Rhinos naaswenners was en die Baby Blitz-span derde geëindig het.

Die Craven-week en provinsiale wedstryde lê nou voor. NHS se Janrico Vermeulen, Franco van Rooyen en Chyle van Zyl het vroeër die week aan die finale proewe vir die Mpumalanga-sewesspan deelgeneem. Janrico en Franco is in die span opgeneem.

Volgens die skool se rugby-organiseerder, Gerhard Holtzhausen, neem die skool graag deel aan die sewes na afloop van die rugbyseisoen. “Dit ontwikkel die spelers se vaardigheide en die spelers put baie genot uit die sewes.

Ons kan duidelik sien hoe die seuns se vaardighede verbeter en dit is ook n goeie oorskou van spelers vir die 2019 seisoen,” sê hy.

Foto’s: Hennie Homann

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal