HoĆ«rskool Nelspruit se Blitz Rhinos en Baby Blitz Rhinos het ān kort, maar suksesvolle sewesseisoen afgesluit met ān hele paar eerste, tweede en derde plekke op hul 2018 kerfstok.
Die seisoen het op 18 Augustus met die Lowveld High-sewestoernooi afgeskop waartydens die Blitz Rhinos toernooiwenners was en die Baby Blitz Rhinos naaswenners was.
Dit is gevolg deur ān toernooi by HTS Witbank op 25 Augustus. Hier het beide die Blitz Rhinos en Baby Blitz Rhinos as naaswenners huis toe gekom.
By die Mpumalanga Kampioenskappe op 1 September het die Blitz Rhinos derde geƫindig met die Baby Blitz-span in vierdie plek.
Die seisoen het op 8 September tot ān einde gekom met die Barberton-sewestoernooi waar die Blitz Rhinos naaswenners was en die Baby Blitz-span derde geĆ«indig het.
Die Craven-week en provinsiale wedstryde lĆŖ nou voor. NHS se Janrico Vermeulen, Franco van Rooyen en Chyle van Zyl het vroeĆ«r die week aan die finale proewe vir die Mpumalanga-sewesspan deelgeneem. Janrico en Franco is in die span opgeneem.
Volgens die skool se rugby-organiseerder, Gerhard Holtzhausen, neem die skool graag deel aan die sewes na afloop van die rugbyseisoen. āDit ontwikkel die spelers se vaardigheide en die spelers put baie genot uit die sewes.
Ons kan duidelik sien hoe die seuns se vaardighede verbeter en dit is ook n goeie oorskou van spelers vir die 2019 seisoen,ā sĆŖ hy.
Fotoās: Hennie Homann