Die Graad 7’s van Laerskool Oueniqua het onlangs by die SOS-kamp in Villiersdorp gaan kamp. Hulle het ‘n heerlike kamp beleef, waar hulle onder meer van diere geleer en hindernisbane gedoen het. Dit was voorwaar die hoogtepunt van die jaar.
(Foto bo): Goeie spanwerk was hier beslis nodig om vorentoe te kon beweeg. Hier is Zandry Myburgh, Kristin Swart, Natalie Roux, Giovanni Minnie, Durandt Heunis, Lukas Treurnicht, Megan Terblanche en Liela Badenhorst gereed vir aksie.
(Foto links) Theuns Botha braai heerlike stokbrood vir middagete.
(Foto links) Shanique Alberts, Aliyyah Grobler en Yolande Wasserman toets hul roeivaardighede uit.
(Foto links) Die hindernisbaan het ‘n klomp uitdagings gehad. Carla Krüger en Mikka van Niekerk het hul staal gewys en dit suksesvol voltooi.
(Foto links) Jaclyn Barkhuysen en Zané Scheepers kry geleentheid om ‘n Alpaca van naderby te leer ken.