)

NHS se tuisbyeenkoms lewer groot prestasies!

Aan groot opwinding, het dit gewis nie verlede Donderdag, 12 September, by Hoërskool Nelspruit se jaarlikse tuis voorseisoen-atletiekbyeenkoms ontbreek nie! Danksy ‘n sterk wind in die pylvak, is ‘wonderbaarlike’ naellooptye opgestel, maar die wind het andersins ook vir die worpe-atlete, in die regte rigting gewaai. Die byeenkoms het ‘n groot getal inskrywings gelok, dit was goed om atlete in die kleure van die ander Laeveld-skole (soos Rob Ferreira, Barberton, Lydenburg, Lowveld en Curro) ook alhier in aksie te kon sien. Desondanks, gee Rhodé Nel se 11.84sek. (100m m.17) genoeg rede om te glo dat sy met ‘n toelaatbare windsterkte in die blaaie, binnekort gemaklik met Suzaan Nel se Nellie-rekord van 12.25sek. sal kan klaarspeel. Suzaan het self in die afdeling vir m.19, met goeie tye van 12.50sek. (100m) en 26.80sek.(200m) genoeg rede om na ‘n goeie, laaste seisoen as hoërskoolleerling, uit te sien.

Onder die seuns, het Rob Ferreira se bekende naelloopkrag weer sterk na vore getree. Al was die wind veels te sterk, dui Junior Mondlane (s.17) se puik 10.40sek., Nhlanhla Maseko (s.19) se ewe uitstekende 10.50sek.; en Nhlankanipho Masinga (s.15) se 11.06sek. op ‘n uiters opwindende skole-seisoen wat in 2020 verwag kan word. Maar, die prys vir die vertonings van die dag, moet sekerlik gaan aan die atleet wat in TWEE items, die maksimum punte van 1200 op die ABSA-tabel, aangeteken het. Ashley Erasmus, tans nog onder 14 en in gr.8, het die eerste meisie in Laeveld-atletiek se geskiedenis geword om die 3kg-gewig verby die 15m-merk te stoot! Haar wenpoging van 15,03m het haar eie huishoudelike rekord van 14,54m verpletter. Haar wenafstand in skyfwerp (40,63m) is weliswaar ‘n entjie duskant haar Nellie-rekord (42,27m), maar oortref haar huidige rekord vir m.14 (40,07m) met ‘n volle 56cm.!

Zander van der Merwe, die SA-kampioen in spiesgooi (s.17), het die item met ‘n praggooi van 64,90m ingepalm. Dis egter sy 64,84m met die swaarder 800g-spies (wat deur die seuns 19 gebruik word) wat die oë laat rek het. Hierdie gooi (917 punte werd) plaas Zander reeds onder die top 10 spiesgooiers (s.19) in die land.  Onder die meisies, het Barberton se Jamie Panter (m.17) uitgeblink toe sy die 500g-spies op ‘n baie goeie 36,61m laat grondvat het.

Van die beste ander uitslae, is soos volg (NHS, tensy anders aangedui; hou die sterk wind in gedagte):

Seuns 15

Thando Mokoena (RF): 100m – 11.19sek. (941 punte)

André Labuschagné: 1500m – 4:44.66

Ruben Vorster: 100m hekkies – 14.46sek.

Karl Erichson: 100m hekkies – 15.05sek.; ook spiesgooi – 44,02m

Ruan Petorius: hoogpring – 1,65m (823)

Andeon Pringle: hoogspring – 1,65m (823)

Hannes Botha: spiesgooi – 48,17m

Nhlankanipho Masinga (RF): 200m – 23.99sek. (808)

Seuns 17

Gerswin Nkosi (ON): 200m – 22.10sek. (931)

Richardson Benyi (CU): 200m – 22.20sek. (919)

Marco Capazorio: 110m hekkies – 14.47sek. (837)

Jade Swanepoel: hoogspring – 1,80m (803)

Ricardo Raubenheimer: hoogspring – 1,80m (803)

Frederik Nel: gewigstoot – 15,24m (826)

Aiden Venter: skyfwerp – 33,21m

Seuns 19

Maochetz Katlego (RF): 100m – 10.62sek. (915)

Lourens Potgieter: 100m – 10.76sek. (880)

Douw Kruger: gewigstoot – 16,05m (834); ook skyfwerp – 43,04m

Marvin Mthetwa: verspring – 6,16m

Coben Putter: gewigstoot – 12,92m; ook skyfwerp – 36,14m

Sybren Hiemstra: spiesgooi – 44,28m

Meisies 15

Madonsela Hlope (RF): 100m – 12.80sek. (853)

Erin Merensky (RF): 100m – 12.80sek. (853)

Hailey Saayman (ON): 400m – 60.30sek (861); ook 90m hekkies – 13.91sek.

Caitlin Dehrmann (RF): hoogspring – 1,55m (905)

Danielle Groenewald: 100m – 13.10sek.; ook 200m – 28.34sek.

Kirsten Berry: 800m – 2:30.20; ook 1500m – 5:37.75

Mia Steenkamp: 800m – 2:30.30

Sheney Grobler: 1500m – 5:49.35

Chanel Hope: 1500m – 5:49.47

Shanese de Clerck: hoogspring – 1,50m (858); ook verspring – 4,93m (840)

Siya Sambu: hoogspring – 1,45m

Danell Roberts: verspring – 4,53m

Ashley Erasmus: spiesgooi – 31,25m

Anja Venter: gewigstoot – 10,38m; ook skyfwerp – 31,85m (841)

Meisies 17

Larise Combrink: 100m – 12.43sek. (830)

Jana Engelbrecht: 100m – 12.78sek.

Nicolize Aucamp: 100m – 12.95sek.; ook 200m – 27.84sek.

Berna Kok: 1500 – 5:46.87

Lallie Grobler: 100m hekkies – 16.50sek.

Inge Meyer: verspring – 4,81m; ook driesprong – 9,97m

Karien Goosen: verspring – 4,66m

Shana Scott: gewigstoot – 11,72m; ook skyfwerp – 32,57m

La-Alizia Venter: gewigstoot – 11,30m

Jolanke van Zyl: spiesgooi – 31,08m

Meisies 19

Nolwazi Mashaba (LH): 100m – 12.66sek.; ook verspring – 5,27m

Tayla Kotzee: 100m – 13.00sek.; ook 100m hekkies – 16.80sek.

Lisa Kruger: 100m – 13.09sek.

Mila de Villiers: 1500m – 5:29.37

Lané Taljaard: hoogspring – 1,50m

Luka Swanepoel: hoogspring – 1,45m

Chantel Olivier: hoogspring – 1,45m

Sylvia Barnard: spiesgooi – 29,62m

Nou verskuif die aandag na Pretoria, waar NHS aan die eerste Twizza Top 30 byeenkoms (19 September) gaan deelneem. Hierdie is ‘n nasionale kompetisie, om die sterkste atletiekskool in SA te bepaal. Straf gaan dit vir seker wees!

Baie sterkte aan al Nellies se atlete en hul afrigters.

 

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal