Vlnr: Me. Marguerite Jacobsz, mnr. Conrad Bouwer, mnr. Phila Dladla, me. Katrien Jordan en me. Theunie Heinz
Op Woensdag, 11 September, het die Musieksentrum van Hoƫrskool Ermelo hul jaarlikse lentekonsert in die Ouditorium aangebied.
Die baie geslaagde musiekaand is geopen deur EHS se koor en ensemble-groep onder leiding van mnr. Phila Dladla. Hul uitvoering het getuig van die hoƫ standaard wat die musieksentrum deurgaans handhaaf.
Van junior tot senior leerders het elkeen op sy en haar instrument die beste vertoning gegee. Items is afgewissel deur klavierspel, sang, kitaar, blokfluit, viool, tromme, marimbas en klawerbord in klassieke en moderne styl.
Die senior leerders wat musiek as vak neem by EHS, moes as deel van hul praktiese assesseringstaak ān item lewer. Die graad 11-leerders wat opgetree het, was Zara BĆ¼chling en Miceala Erasmus met sang. Daniel van der Merwe, graad 12-leerder, wat klavier as sy praktiese instrument het, het ook ān solo gelewer, asook ān duet saam met me. Lizanne Dippenaar. Dit was, na tien jaar as leerder by die musieksentrum, Daniel se laaste keer in sy skoolloopbaan wat hy by die lentekonsert opgetree het.
Die leerders van die musieksentrum word die geleentheid gegun om in ān teater-opset met ān konsert-atmosfeer op te tree en sĆ³ word hulle selfvertroue en vaardighede van jongs af ontwikkel en geslyp. Dankie aan elke musiekonderwyser vir die ure se voorbereiding en afronding.
Die program is afgesluit deur die musiekonderwysers wat āSomewhere over the rainbowā gespeel het. Dit was die laaste optrede van me. Marguerite Jacobsz in haar hoedanigheid as departementshoof van die EHS Musieksentrum.