Erries se o/15A- en o/17A-span tydens die MPU-kampioenskap
Op Donderdag, 12 September, speel Hoërskool Ermelo se o/15- en o/17A’s in die Mpumalanga kampioenskap te Hoër Tegniese Skool Middelburg.
Die o/15A-span wen teen Barberton, maar verloor ongelukkig teen Hoërskool Secunda en Hoërskool Middelburg 1 en 2.
Die o/17A-span wen teen Njanyeza, maar moes die knie buig teen Hoër Tegniese Skool Middelburg, asook Hoërskool Middelburg 1 en 2.
Albei spanne van Hoërskool Ermelo eindig vierde in Mpumalanga.
Baie geluk aan hierdie dogters en hul afrigters. EHS is trots op elkeen van julle!
Become a Sponsor










