)

Hoërskool Strand 1ste meisies-hokkiespan vs “old girls”

Op Saterdag, 14 September, het Hoërskool Strand se eerste dogters-hokkiespan ‘n oudskoliere span aangedurf.  Dit was ‘n heerlike wedstryd wat vir beide spanne baie genot verskaf het. Die eerstespan-spelers kon self kies in watter posisie hul wou speel, wanneer daar geruil is.  (Hulle mag net nie ‘n graad 12 speler afgeroep het nie, aangesien dit hul laaste wedstryd was.)  Die “Old Girls” het wel deeglik hul staal gewys en soms vir opwindende oomblikke gesorg, maar die eerstespan-meisies se fiksheid het op die ou einde die oorwinning in hul guns beklink. Die eerstespan het met 3-0 gewen! Tot groot vermaak van almal het voorspelers agter gaan speel en agterspelers voor – met baie sukses.

Later die aand was daar ‘n afsluiting van die 2019-seisoen saam met die spelers en ouers, waar daar gesellig gekuier en gebraai is. Daar is ook amptelik van die  vier graad 12-spelers afkeid geneem.

 

 

Elke Briedenhann en Dominique Carstens
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal