Die jaarlikse atletiekbyeenkoms vir skole in die Nelspruit-kring, het Dinsdag, 29 Januarie, vir groot opwinding gesorg. ‘n Hele handvol Nellie-rekords (beste in die skool se geskiedenis) het in die stof gebyt, en HoĆ«rskool Nelspruit se sterre het weer die maksimum-totale op die ABSA-tabel, beproef.
Hierdie was die eerste tree vir atlete wat later die seisoen aan die SA-skolebyeenkoms (as lede van die Mpumalanga-span), asook die nasionale jeug- en juniorkampioenskappe, wil gaan deelneem.
Derhalwe is daar net drie ouderdomsgroepe vir hoĆ«rskool-atlete, nl. onder 15, 17 en 19. Dit beteken dat ‘n onder 14-atleet (bv.) onder 15 moet deelneem, en onder 16’s, saam met onder 17’s moet aantree. RhodĆ© Nel (m.17, al is sy vanjaar m.16) het ‘n 30-jaar oue huishoudelike rekord in die slag laat bly, toe sy die 200m in ‘n uitstekende 25.56 sek. (835 ABSA-punte) genael het ā en daarmee het sy C. Smith se 1989-tyd van 26.2 sek., uit die rekordboeke verwyder.
Lowveld High se SA-atleet, Nolwazi Mashaba, het met twee skitterende vertonings gewys dat sy gewis ook vanjaar, medalje-materiaal by die komende SA’s is. Sy het in verspring (5,72m) en driesprong (12,20m) onteenseglik gewys dat sy groot planne vir die latere byeenkomste het.
Nog Nellie-rekords wat verbeter is, is die volgende:
Berna Kok (m.15): Sy moes aan die 3000m vir m.17 deelneem, maar haar wentyd van 11:20.72
verbeter Angelique Nel se rekord vir m.15 (was 11:22.20)
Ahley Erasmus (m.14): Verbeter Christine Kruger se rekord vir gewigstoot m.15, van 12,56m na 13,82m (1054 punte)
Andreas van Heerden (s.19): Eerste Nellie wat aan die 5000m deelneem. Sy tyd van 16:45.35 is dan die nuwe rekord vir diƩ afstand.
Jaytee Boers se pragtige wentyd van 1:58.91 in die 800m (s.19) sal sekerlik nog lank onthou word!
So ook die talle ander prestasies (benewens dit wat reeds genoem is), waaronder die volgende (ABSA-punte bo 800 aangedui):
Ashley Erasmus (m.15): skyfwerp ā 36,51m (1005)
Douw Kruger (s.17): gewigstoot ā 18,24m (1049) *persoonlike beste; ook skyfwerp ā 49,95m (873)
Shanese de Clerck (m.15): hoogspring ā 1,55m (905); ook verspring ā 5,00m (859)
Philip Vogel (s.15): hoogspring 1,70m (864)
RhodĆ© Nel (m.17): 100m ā 12.35 sek. (846); ook 400m ā 60.87 sek.
Larise Combrink (m.15): verspring ā 4,91m (834); ook 100m ā 13.04 sek. (806)
Wiehan Henning (s.17): driesprong ā 11,78m (824)
Ricardo Raubenheimer (s.15): hoogspring ā 1,65m (823)
Henko de Nysschen (s.17): 200m ā 23.09 sek. (816); ook 400m ā 51.94 sek.
Carla Schultz (m.15): hoogspring ā 1,45m (812)
Tagan Louw (m.15): hoogspring ā 1,45m (812)
LanĆ© Taljaard (m.17): hoogspring ā 1,50m
Benadea Lubbe (m.15): gewigstoot ā 10,85m
Shana Scott (m.17): gewigstoot ā 11,64m; ook skyfwerp ā 31,23m
Hannes Botha (s.15): spiesgooi ā 50,89m
Frederick Nel (s.17): gewigstoot ā 14,20m
Ruan Pretorius (s.15): hoogspring ā 1,60m
HandrĆ© vd Merwe (s.15): 200m ā 24.47 sek.
Lourens Potgieter (s.17): 100m ā 11.41 sek.; ook 200m ā 23.66 sek.
Xolani Mzibuko (s.19); 100m ā 11.31 sek.
Jana Engelbrecht (m.17): 100m ā 12.97 sek.
Inge Meyer (m.17): verspring ā 4,80m; ook driesprong ā 10,34m
Lize Oosthuizen (m.15): spiesgooi ā 30,78m
Kristin Berry (m.15): 1500m ā 5:26.43
Simphiwe Ngwenya (m.15): spiesgooi ā 30,66m
Sylvia Barnard (m.15): spiesgooi ā 28,49m
Therese Seyffert (m.15): 1500m ā 5:28.53
Zimri Leuvenink (m.15): 1500m ā 5:28.94
Marco Capazorio (s.15): 200m ā 24.75 sek.
Andreas van Heerden (s.19): 1500m ā 4:15.78
Coben Putter (s.17): skyfwerp ā 40,84m
Andreas FouchĆ© (s.15): skyfwerp ā 38,89m
Stefan Otto (s.15): skyfwerp ā 37,84m
Nou ruk NHS se span eerskomende Vrydag op na Tuks se stadion in Pretoria, waar hulle die stryd teen Waterkloof en ‘n paar ander gedugte stadskole, sal aandurf.
Baie sterkte aan ons atlete en afrigters!