JJ Snyders, welbekende spoedvraat van Hoërskool Upington, het die naweek aan die Puma School of Speed Kampioenskappe te Stellenbosch deelgeneem.
JJ het weereens `n pragvertoning in die Eikestad gelewer. Hy het vir beide die 200m en die 400m finaal gekwalifiseer.
Hy kon egter nie die 200m finaal hardloop nie, a.g.v. die feit dat dit met die 400m oorvleuel het.
Hy kry toe goud vir die 400m Finaal o/17. Hy hardloop die 400m vroeg in die seisoen in `n baie goeie tyd van 49.19s.
Ons is baie opgewonde oor wat hy die res van die seisoen gaan doen.