)

NHS debatspan presteer by Agenda se Debat Interhoër

Hoërskool Nelpruit leerders, Jana Ingwersen, Ernst Pieterse, Milda van Dyk en Danté van der Westhuizen het op Saterdag, 6 April, ‘n hond uit ‘n bos gepraat tydens Agenda (Afrikaanse Gemeenskaps- en Debataksie) se Debat Interhoër wat gehou is by Helpmekaar Kollege in Johannesburg. Die kompetisie is ‘n uitnodigings-kompetisie aan die top 8 debatskole in die noorde van die land.

Die kompetisie het ten doel om in direkte en konstruktiewe mededinging ‘n debatstyl te volg wat nuut en vars op skolevlak is, dog terselfde tyd op universiteitsvlak en regoor die wêreld gebruik word. Die kompetisie is ‘n variasie van tradisionele Britse Parlementêre debat.

Die een span verteenwoordig die Regering en die ander span die Opposisie. Die spanne het geloot en een uur voorbereidingstyd gehad om elkeen ‘n 7-minuut toespraak te skryf oor aktuele onderwerpe.

Elke spreker mag teenkant vrae ontvang van die opponerende span. Elke span het twee debatte gepraat en die top twee spanne van elke poel kon deurdring na die beker-halfeindrondte. NHS het albei hul debatte gewen en in die halfeindrondte teen Afrikaans Hoër Seunskool gekompeteer.

Na ‘n vinnige en lewendige debat of skole sport en kultuur saam met akademie moet aanbied, eindig NHS algeheel in die vierde plek met die top debatskole, Afrikaans Hoër Seuns in die eerste plek, Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria in die tweede plek en Helpmekaar Kollege in die derde plek.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal