Die jaarlikse Elardus Erasmus Top 20 ā atletiekbyeenkoms het verlede naweekĀ oudergewoonte op Mookgophong plaasgevind.Ā Ā HoĆ«rskool Nelspruit ondersteun hierdie waardevolle geleentheid om atlete vir die komende seisoen te slyp al vir baie jare.
Hoewel vele atlete tans nog by rugby en ander aktiwiteite betrokke is, het die groepie wat op 13 en 14 Oktober 2017 na Limpopo gereis het getoon dat daar gewis weer na puik vertonings in die nuwe seisoen uitgesien kan word!
In totaal het 43 meisie- en 47 seunspanne vanjaar meegeding, wat hierdie byeenkoms steeds een van die grootstes van sy soort in die land maak. Nellies se meisies (19e) het vanjaar die seuns (22e) wat finale posisie betref, getroef ā ‘n sakie wat die manne sekerlik by die Top 30-byeenkoms op Potchefstroom, sal wil regstel wanneer hulle op volle sterkte behoort te wees.
Shana Scott (m.14), wat vroeĆ«r vanjaar Anari Venter se skyfwerprekord van 28,73m na 30,08m verbeter het, het met ‘n skitterende 33,82m (1009 punte) die rekord met bykans 4m verpletter. Haar gewigstootafstand van 11,35m (807 punte) was eweneens indrukwekkend.
Suzaan Nel (m.15) se 12.42sek. in die 100m, was ook ‘n stewige 925 punte vir die span werd. Sy het ook in die 200m uitgeblink, toe sy in 26,70m sek. (815 punte) by die wenpaal verby geblits het.
Nog ‘n Nellie-rekord het gespat, toe Michelle Bouwer (m.16), Ilke Joubert se 37,28m (in 2015 behaal) met ‘n uitstekende gooi van 38,97m oortref het. Dit het aan haar 872 punte besorg.
Onder die seuns, het Douw Kruger (s.15) vir ‘n ongehoorde prestasie gesorg toe hy in beide sy items (gewigstoot en skyfwerp) die 1100-kerf (uit ‘n moontlike 1200 punte) gehaal het!Ā Ā Toe die bekende Frans Schutte in 2008 die 4kg-gewig op 17,90m laat grondvat het, is daar gedink dat dit ‘n rekord was wat vir tientalle jare onaantasbaar sou wees. Douw het egter vasgebyt en met ‘n skitterende 17,99m (1150 punte) die rekord syne gemaak. Hierbenewens was Douw ook in skyfwerp op sy stukke, soos sy pragafstand van 53,24m (1100 punte) getuig.
Drie seuns het elk in individuele items, meer as 900 punte by die spantotaal gevoeg.Ā Van Reenen Kruger het die 300m hekkies in ‘n haastige 41.02 sek. (913 punte) afgelĆŖ, wat Devon Nell se vorige rekord van 41.77 sek. oortref het. Einste Devon het ook nie op hom laat wag nie, toe hy die 400m hekkies (s.16) in ‘n blitstyd van 55.72 sek. (887 punte) voltooi het ā en daarmee met Ruan Labuschagne se ou rekord van 55.81 sek. klaargespeel het.Ā Vir sy 14.69 sek. In die 110m hekkies, het Devon ‘n verdere stewige 906 punte bygevoeg.
Dan het Aubrey van der Bank (s.16) as die volgende 60m+ kandidaat in spiesgooi, na vore getree. Hy het die 700g-spies op ‘n uitstekende 58,51m laat grondvat en daarmee 911 punte verdien.
Twee van NHS se nasionale kampioene van 2017, Nerina Visser en Naas Marais, het ook stewige vertonings gelewer. Nerina se tyd in die 400m hekkies (m.19) was 66.56 sek., terwyl Naas die 1,75kg-werpskyf 48,01m ver gegooi het.
Nog ‘n paar blink vertonings:
Nicolize Aucamp (m.14): 200m ā 26.93 sek.; 400m ā 63.91 sek.
Nicci Viljoen (m.14): 90m hekkies ā 14.62 sek.; 300m hekkies ā 48.30 sek.
Christine Kruger (m.15): spiesgooi ā 31,29m; gewigstoot ā 11,61m
Nicola CronjĆ© (m.16): 400m ā 60.51 sek.; 800m ā 2:28.30
Linmari Potgieter (m.17): hoogspring ā 1,55m
MarnĆ© van Aarde (m.17): gewigstoot ā 12,00m; spiesgooi ā 34,32m
Van Reenen Kruger (s.14): 100m hekkies ā 14.43 sek.
Henco de Nyschen (s.15): 100m ā 11.45 sek.; 200m ā 23.34 sek.
Coben Putter (s.15): skyfwerp ā 42,60m; gewigstoot 13,09m
Charlie NaudĆ© (s.17): 800m ā 2:05.75
Baie sterkte aan al die atlete en afrigters vir die strawwe Top 30-byeenkoms op Potchefstroom. Ons sien uit na nog uithaler-vertonings!
Foto hierbo:Ā Shana Scott