Netbalspan as wenners gekroon – Bethlehem Voortrekker Hoërskool se eerste netbalspan is as wenners gekroon. Die eerste netbalspan het aan die jaarlikse Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks derby deelgeneem. Die derby het plaasgevind by Hoërskool Witteberg.
BVHS se eerste netbalspan speel teen Hoërskool Witteberg en stel nie teleur nie. In die eerste kwart van die wedstryd stuit die skitterende verdedigende spel van Sipho Msimanga (V) behoorlik Witteberg se doele. Die telling na aanleiding van die eerste kwart is 11-8 in BVHS se guns.
Tydens die tweede kwart van die wedstryd met skitterende spanwerk van BVHS sorg hulle dat die telling opstoot na 23-16. Die derde kwarttelling is 35-26, maar die laaste kwart word oorheers deur BVHS.
Chloë Opperman, hoofdoel van BVHS, was uitstaande en word aangewys as speler van die wedstryd. Die eindtelling, 51-36, vir BVHS, was in alle opsigte ‘n spanpoging en BVHS beïndruk keer op keer met hul skitterende spanspel.
BVHS se netbalspanne wys hul staal deur 7 wedstryde te wen. Veral die A-spanne se vertonings beïndruk baie. BVHS slaag daarin om die o.15A, o.16A, o.17A en o.19A se wedstryde te wen.
BVHS se netbaltellings teen Hoërskool Witteberg was as volg:
o.14-Spanne
- o.14A verloor 20-8
- o.14B verloor 23-8
- o.14C verloor 13-9
- o.14D verloor 6-4
o.15A-Spanne
- o.15A wen 20-18
- o.15B verloor 13-29
- o.15C verloor 9-12
o.16-Spanne
- o.16A wen 29-22
- 16B wen 17-16
o.17-Spanne
- o.17A wen 23-19
o.19-Spanne
- o.19E wen 15-11
- o.19D verloor 6-22
- o.19C verloor 17-22
- o.19B wen 24-17
- o.19A wen 51- 36







Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.voortrekker.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








