Netbalkapteine. Schools That Rock skop vandag af met ‘n opwindende nuwe sportreeks waarin ons gesels met verskillende skole se eerstespan netbalkapteine. Ons eerste doel word vandag aangeteken deur Amy Jacobs van HoĆ«rskool Fichardtpark in Bloemfontein.
” Ek het begin netbal speel op die ouderdom van 7. Ek is verseker passievol oor netbal, want dit is ‘n Godgegewe talent wat ek graag wil uitleef. Buiten netbal is ek ook ‘n hammergooi atleet, maar netbal is eintlik my grootste liefde.
Die posisie waarin ek tans speel, is D of HD. Ek het ook al in die verlede V gespeel. Ek was voorheen ook kaptein, voordat ek as kaptein van Fichies eerste span gekies is.
Ons span oefen 4 dae per week op die baan asook 2 dae in die gym. Ek glo ook daarin om myself te verbeter. Daarom, vir my posisie as ‘n doel, neem ek ekstra doelsessies by die voormalige Protea speler, Maryka Holtzhausen.
Die wedstryd waarin ek die meeste gestres het, was my eerste wedstryd vir Fichies se 1ste span in 2019. Ek was baie jonk en moes myself nog bewys.
Persoonlike doelwit
My persoonlike doelwit vir die volgende ses maande – ek wil baie graag op die gebied van atletiek en netbal presteer. Verder wil ek ook op akademiese gebied suksesvol wees sodat ek goeie punte kan behaal vir matriek. As ek my vyf top prioriteite tans in my lewe moet rangskik, is dit as volg: 1. God, 2. my familie, 3. my vriende, 4. akademie en 5. sport.
Ek beplan om na skool voort te gaan met netbal op die hoogste vlak wat my vermoĆ«ns my toelaat. Ek sal baie graag binne drie jaar vir ‘n Provinsiale en/ of vir die universiteit se span wil speel.
Enige tekortkominge in my persoonlike spel? Ek kan verseker ‘n groter verskeidenheid gebruik van maniere om te speel in die doel sirkel. Om dit te kan bereik, woon ek doelsessies by en analiseer ek netbal wedstryde om dit te verbeter. My sterk punt is aanpasbaarheid. Ek kan ek in enige situasie op my voete dink. Ek fokus ook eerder op die span se sterk punte en bou dan daarop.
As kaptein probeer ek my span motiveer op die baan deur heeltyd met hulle te praat. Ek prys hulle ook vir wat hulle goed doen. Ek probeer ook om die span, deur my eie spel, te motiveer om nie op te gee nie.
Cathrine Tuivaiti
Die netbalspeler na wie ek opkyk en wat ek as my rolmodel beskou, is Cathrine Tuivaiti. Baie mense onderskat haar, maar sy het hulle nog elke keer verkeerd bewys deur hard te werk en net haarself te wees.
Ek dink die grootste uitdagings van die meeste deelnemers aan sport vandag is die dissipline om elke liewe dag harder as enige iemand anders te oefen en om die motivering te kry om dit te kan doen.
Ek bestuur my sport-, akademiese en ander verpligtinge deur goeie tydsbestuur te handhaaf en nie tyd te mors nie. My daaglikse roetine begin met skool om 06:45 tot 14:00. Daarna het ek hammergooi, dan netbal en dan ‘n doelsessie of gym. Ek is om-en-by teen 18:00 klaar op ‘n normale dag.
Wat ek omtrent spanwerk geleer sedert ek kaptein geword het? Ek het besef dat daar sewe verskillende mense op die baan is met verskillende vermoƫns. Ek moet hulle nie met mekaar vergelyk nie, maar eerder fokus op elkeen se sterk punte.
Hoogtepunte wat ek beleef het in netbal as speler en as kaptein – as speler was my hoogtepunt in toe ek gekies was as een van die top 35 netbalspelers in SA, in 2021. As kaptein is dit elke liewe wedstryd wat ek die voorreg kry om my span te lei. Ek het geleer dat, wanneer jy of jou span bereid is om harder as enige iemand anders te werk en ons op die Here vertrou, kan absoluut niks ons keer nie.
Uitdagings
Wanneer ek sien dat een van my spanlede sukkel met nuwe uitdagings in die spel, probeer ek om haar las ‘n bietjie ligter te maak. Ek gee hulle net ‘n klap op die rug en sĆŖ: ādie span is hier vir jou.ā Die beste advies wat ek al van my afrigters ontvang het, is om die speler en nie die spel nie, te speel.
Ek dink my afrigter en spanlede sal my beskryf as betroubaar en iemand wat op haar eie kan staan.
My lekkerste wedstryd wat ek ooit gespeel het, was op ‘n toer in 2019. Ons het in die aand gespeel. Ek het nog nooit so baie op ‘n netbalbaan gelag nie. Die hele span het net hulle self gate uit geniet!
‘n Bekwame afrigter is iemand wat fokus op elke speler se individuele benodigdhede en wat dan die vermoĆ« het om almal se sterk punte saam te gebruik om ‘n goeie span te vorm.
Ek sou baie graag wil koffie drink saam met Jhaniele Fowler. Ek sal haar net graag wil ontmoet en hoor hoe sy dit reg kry om sulke dominerende spel te speel in die sirkel.
Wat my die gelukkigste in die lewe maak, is om te kuier en te lag saam met my vriende en familie.
My grootste hoogtepunt die afgelope vyf jaar was verseker om as hoofdogter van my skool gekies te word.
As ek myself in een woord moet beskryf, is dit aanpasbaar.”
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za