Netbal toernooi. Hierdie jaar was die tweede jaar wat Hoërskool Bredasdorp ‘n netbal toernooi aangebied het vir o/14-, o/15-, o/16- en o/19-netbalspanne. Meer as 270 netbaldogters van sewe hoërskole het aan die tweedag-toernooi van 15 tot 16 Maart by Laerskool Bredasdorp se netbalbane deelgeneem.
Die deelnemende skole was Hoërskool Bredasdorp, Hoërskool Swellendam, Curro Mosselbaai, Hoërskool Porterville, Worcester Gimnasium, Hoërskool Montana en Hoërskool Jan van Riebeeck.
Die toernooi-wenners in elke ouderdomsgroep:
- o/14: Hoërskool Bredasdorp
- o/15: Hoërskool Jan van Riebeeck
- o/16: Hoërskool Swellendam
- o/19: Hoërskool Swellendam
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf