Netbal Pretdag. Die Erries het op 26 Oktober ’n bedrywige jaar afgesluit met ’n netbal pretdag. Daar was 24 gemenge spanne wat almal wou deel in die pret voordat die eksamen begin.
Die dag is met ’n finaal tussen die “Amma Bokke Bokke” en “Jaguars” afgesluit. Die Amma Bokke Bokke het as die wenners van die dag weggestap!
Errie-netbal bedank al die spanne wat deelgeneem het en elke leerder wat bygedra het tot die sukses van die dag.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf