Netbal. Karin Truter, 1ste span netbalspeler van Hoër Meisieskool Oranje, maak soos haar ma, sussie en tannies! Netbal vloei sterk deur hierdie familie se are.
Dit was eers Karin se ma, toe haar twee tannies, toe volg haar suster, Florinda, en nou is dit Karin Truter se beurt om Oranje se 1ste netbaldrag te dra. Karin volg trots in die voetspore van ma Florinda (Flo, 1988-1990), tannie Evelyn Jacobs (née Marais, 1993), tannie Rosa Swartz (née Marais, 1998-2000) en ousus Florinda (Flo, 2020).
Flo snr. en Rosa het die 1stes aangevoer en soos Karin reeds in graad 10 die span gehaal. Flo snr. was al in graad 11 kaptein. Sy sê daar was toe geen matrieks in die span nie. Evelyn en Flo jnr. was weer albei Oranje se hoofmeisie.
Rosa, Evelyn en Flo snr. het net mooi 5 jaar uit mekaar hul buiging vir die o.19A netbal gemaak.
Flo snr. en jnr. was albei ’n HV en VV. Evelyn en Rosa het weer albei S en AV op skool gespeel. Karin speel tans AV en HD. Toe Rosa destyds in 2000 vir Oranje se 1ste span netbal gespeel het, was Surita le Roux die afrigter. Nou, 24 jaar later rig Surita ook vir Karin af.
Flo jnr. het nooit speelkans vir die o.19A’s gekry nie. Sy was tydens die eerste 2 toernooie van 2020 beseer voordat Covid-19 die res van haar matriekjaar se netbal geëis het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








