Netbal Junior Nasionale Toernooi. Karla Victor van Hoër Meisieskool Oranje is die beste O.19 senterbaanspeler in Suid-Afrika! Sy is Donderdag as die beste o.19-netbalspeler in haar posisie in die land aangewys. Dié senter is vanjaar maar net 16 jaar oud.
Karla was die enigste gr. 10-leerder in die Mangaung o.19-span by vandeesweek se Telkom Junior Nasionale Toernooi. Marita Oosthuizen en Janine Moolman was die ander Oranjeniete in die span wat derde geëindig het. Die voorste doelskieter, senterbaanspeler en verdediger is agterna vereer.
Karla het vanjaar die eerste span ook as hulpdoelverdediger verteenwoordig.
FOTO: Karla links in aksie vir Manguang en regs vir Oranje vanjaar.